1
/
of
1
HOE BEELDSKOON IS DIE NAAM
HOE BEELDSKOON IS DIE NAAM
Share
VERS 1:
U was die Woord in die Begin
Een met God die hoogste Heer
U verborge glorie in die skepping
Is nou deur Christus openbaar
KOOR 1:
Hoe beeldskoon is die Naam
Hoe beeldskoon is die Naam
Die Naam van Jesus my Koning
Hoe beeldskoon is die Naam
Niks kan vergelyk
Hoe beeldskoon is die Naam
Die Naam van Jesus
VERS 2:
Hemel sonder ons, wou U nie hê nie
So U’t die hemel neer laat daal
My skuld was groot, U liefde groter
Wat sal ons nou ooit kan skei
KOOR 2:
Hoe wonderbaar is die Naam
Hoe wonderbaar is die Naam
Die Naam van Jesus my Koning
Hoe wonderbaar is die Naam
Niks kan vergelyk
Hoe Wonderbaar is die Naam
Die Naam van Jesus
Hoe wonderbaar is die Naam
Die Naam van Jesus
BRUG:
Die dood kon U nie keer
Die gordyn het geskeur
U’t sonde en graf se roem ontneem
Die hemele juig nou
Die lof van U glorie
U is die opgestaande Heer
U’t geen teenstander
U’t geen gelyke
Nou en vir ewig U regeer
Aan U die Koninkryk
Aan U die Heerlikheid
U is die Naam bo elke naam
KOOR 3:
Hoe kragtig is die Naam
Hoe kragtig is die Naam
Die Naam van Jesus my Koning
Hoe kragtig is die Naam
Niks kan teen U staan
Hoe kragtig is die Naam
Die Naam van Jesus
TAG:
Hoe kragtig is die Naam
Die Naam van Jesus
Hoe kragtig is die Naam
Die Naam van Jesus
-
Amptelike Afrikaanse Vertaling:
What A Beautiful Name
-
CCLI:
7096538
-
© 2016
Hillsong Music Publishing Australia
-
Musiek & Lirieke deur:
Ben Fielding and Brooke Ligertwood
-
Vertaling deur:
Edward Lomas, Warren Brown, Konstand Spies, Zoe Donald, and Daniëlle Terblanch